free website design software

SPECIALS>
123 SLIM

123 SLIM AFRIKAANSE PAKKET

Price: R1599.00 (R1500.00 PLUS R99.00 Koerier Aflewering - Spaar 50%)

123 Slim is ‘n opvoedkundige reeks wat bestaan uit 15 geselekteerde programme verpak en gekategoriseer in Wiskunde, Lees met Begripstoetse, Spelling, Korttermyn geheue, Konsentrasie, Logiese denke en Kognitiewe denke in oefeninge. 




BESKRYWING

123 Slim is die mees omvangryke Afrikaanse sagteware produk in Suid Afrika wat vanaf voorskoolse kleuters tot graad 7 akkommodeer. Die programreeks speel af in ‘n pretbelaaide klimaat met ‘n opvoedkundige benadering.

Elke program stel die leerder instaat om sy persoonlike beste te lewer wat weer uitdagings stel om die oefeninge te voltooi terwyl die leerder die spel positief benader en dit geniet.

Hierdie sagteware is geskik vir alle hoofstroom leerders wat in die proses is om hul fundamentele leervaardighede te ontwikkel en toe te pas asook om hul konsentrasievlakke te verhoog. 123 Slim is ook idiaal vir die gebruik van remediëring by leerders met leer en lees probleme of wat nie syfervaardig is nie.

Geskik vir skole en tuisgebruik

KERN KENMERKE 

* 200+ vaardigheid ontwikkelings areas vanaf kleuter tot graad 7
* Duisende oefeninge in ’n speletjies formaat
* Massiewe databasis van inhoud met ewekansige vrae
* Self assessering met onmiddellike resultate
* Positiewe terugvoering en instruksie klankbane
* Aanpasbare leerstelsel - verhoog of verlaag outomaties die moeilikheid vlak
* Pret om te leer met kleurvolle grafika en kreatiewe oefeninge
* Onderwysers kan die leerder se vordering monitor met ingeboude verslae en grafieke
* Alle speletjies en oefeninge is in Afrikaans
* Een installasie en een registrasie ontsluit alle programme binne die 123 pakket
* Gekonsolideerde opsie lyste
* Ontwerp om kindervriendelik en logies te wees
* Vir elkeen van die 15 programme in die pakket kan die databasis tot en met 1000 leerders se profiele stoor

INGESLUIT IN DIE PAKKET - 15 PRODUKTE IN 1 

A+ VOORSKOOL 
VOLUME 1

A+ GRAAD 0-1
VOLUME 1

A+ GRAAD 2-3
VOLUME 1

A+ GRAAD 4-5
VOLUME 1

A+ GRAAD 6-7
VOLUME 1

A+ KLEUTER
VOLUME 2

A+ GRAAD 1
VOLUME 2

A+ GRAAD 2
VOLUME 2

A+ GRAAD 3
VOLUME 2

A+ GRAAD 4
VOLUME 2

A+ GRAAD 5
VOLUME 2

TYD VIR TAFELS

A+ SPELLING 
VOLUME 1

A+ LEES
VOLUME 1

KOPKRAPPERS

MINIMUM VEREISTES

Intel® Pentium® 4 or Intel Celeron® 1.3 GHz (of soortgelyke) prosesseerder
Microsoft® Windows® XP, Vista®, 7, 8, 8.1 or 10
512 MB RAM (1 GG aanbeveel)
2.5GG se beskikbare hardeskyf spasie
800x600 skerm resolusie
Klankkaart met luidsprekers of oorfone